Showing posts with label Alexander Graham Bell. Show all posts
Showing posts with label Alexander Graham Bell. Show all posts

Saturday, March 7, 2009

Alexander Graham Bell, Antonio Meucci

Bell bukan penemu telepon. Antonio Meucci, seorang Italia, konon telah mulai merancang piranti telefoni pada 1834 di Milano. Bermigrasi ke Amerika, ia teruskan perangkatnya menjadi sistem yang berjalan baik pada 1850. Saat istrinya lumpuh di tahun 1855, Meucci memasangkan sistem interkom dari rumahnya ke tempat kerjanya tak jauh dari situ. Namun saat giliran Meucci yang sakit, istrinya menjual prototip telefon itu ke agen barang bekas seharga US$6 (baca buku Laura Ingalls kalau ingin merasakan nilai US$6 saat itu). Meucci memang selalu hidup dalam kemiskinan. Ia mengajukan paten telefon pada 1871. Tetapi pemrosesan di negara kapitalis itu lama dan terus memerlukan uang. Meucci membayarnya per tahun. Tahun 1874, Meucci tak sanggup lagi membayar biaya pemrosesan patent. Dan pada tahun 1876, Alexander Graham Bell memperoleh paten untuk telefon. Tentu saja kemudian Meucci memprotesnya. Tetapi secara ajaib, berkas2 Meucci hilang, sehingga klaim Meucci tak dapat diperkuat. Pengadilan digelar. Di sana, Meucci memaparkan penemuannya secara meyakinkan, sehingga diyakini Meucci akan memenangkan sidang. Tapi ia tetap kalah. Lebih dari 100 tahun kemudian, di tahun 2002, barulah Meucci diakui sebagai penemu telefon.
Kasus Meucci ini jelas mencoreng nama Bell sebagai kapitalis. Tapi tidak sebagai penemu. Banyak pihak meyakini bahwa penemuan Bell sama sekali tidak mencontek Meucci (atau Elisha Gray, atau Thomas Alva Edison). Sejak muda, Aleck terbiasa menyelidik soal transmisi suara. Saat ibunya mulai tuli, Aleck sadar bahwa ia tetap bisa bicara dengan ibunya dengan menempelkan bibir ke kepala ibunya sambil bicara — dan dengan demikian menggetarkan tulang2 di dalamnya. Ia menggetarkan dawai piano di sebuah ruang dan mengamati dawai yang senada di piano di ruang lain ikut bergetar. Lalu ia memanfaatkan gelaja elektromagnetik untuk meneruskan model resonansi ini bersama asistennya, Thomas Watson (kebetulan bukan Watson yang sama dengan pakar behaviorisme atau asisten Sherlock Holmes). Dan jadilah telefon ciptaan Bell.
Tapi Bell tak berhenti di situ. Bahkan sebelum Nikola Tesla mencobai transmisi suara tanpa kabel (dengan gelombang radio), Bell sudah mencobai telefon nirkabelnya pada tahun 1880. Dengan nama photophone, telefon nirkabel Bell ini menggunakan transmisi cahaya.
Bagaimana caranya? Bell memproyeksikan suara melalui perangkatnya sehingga menggetarkan sebuah cermin. Sinar matahari yang dipantulkan oleh cermin itu turut membentuk pola getar suara. Sisi penerima menerima pantulan cahaya yang gemeletar itu, dan mentransformasikan kembali ke bentuk suara. Tentu belum praktis. Tapi bayangkan: wireless phone, dan komunikasi optik, pada tahun 1880. (By http://kun.co.ro/2008/10/26/alexander-graham-bell) (Picture www.americaslibrary.gov.jpg)

Friday, March 6, 2009

Alexander Graham Bell

Alexander Graham Bell was die uitvinder en vader van die telefoon.
In sy pogings om die eerste ‘harmoniese telegraaf’ te ontwerp en te maak (nadat Samuel Morse 'n paar jaar vantevore telegrafie uitgevind het), het Bell te staan gekom voor die struikelblok dat net een boodskap op 'n keer oorgesein kon word. Hy wou dit oorkom deur die teorie dat daar veelvuldige note in 'n musikale akkoord is, toe te pas. Bell het met Thomas Watson, die eienaar van 'n elektriese winkel, saamgewerk om sy idee van 'n harmoniese telegraaf te verwesenlik. Op 2 Junie 1875 is klank die eerste keer bloot toevallig oor 'n draad oorgesein: Bell, in die sendkamer, het 'n draad wat styf om die elektromagneet vasgedraai was, probeer losmaak. Watson het 'n “trilling” in die ontvangskamer gehoor, en besef dat wat hy gehoor het, die eerste kommunikasie oor 'n draad was. Die volgende jaar, op 10 Maart, het Bell ontdek dat die draad sy weerstand kan afwissel en 'n golfstroom kan produseer as dit gedeeltelik in 'n geleiervloeistof gedompel is. Hierdie deurbraak was die finale stap in Bell se soeke. Watson, in die ontvangskamer, kon Bell se stem perfek hoor, en die paar het besef dat hulle hul doel bereik het. Van toe af het dinge vinnig gebeur, en Bell het die land deurreis om sy nuwe uitvinding te bevorder nadat hy die Bell Telephone Company in 1877 gestig het. Hierdie Amerikaanse maatskappy bestaan vandag nog met die naam AT&T. Die maatskappy moes sy patente telkemale verdedig aangesien ander maatskappye hul eie telefone probeer ontwerp het, maar in al die sake het die opposisie verloor aangesien Bell oorweldigende bewyse kon lewer ter ondersteuning van sy oorspronklike patente. Bell is in daardie jaar met Mabel Hubbard getroud en die twee het vir 'n jaar lank na Europa vertrek. Met finansiële sukses en beroemdheid voor die ouderdom van 35, het Bell sy belange op ander terreine uitgebrei terwyl die Bell Telephone Company bly groei en bloei het. Gedurende hierdie tydperk het hy talle nuttige toestelle en instrumente uitgevind, soos 'n elektriese sondeerder wat metaalvoorwerpe soos koeëls in 'n menslike liggaam kon opspoor. Bell het ook 'n primitiewe kunsmatige asemhalingstoestel in die vorm van 'n metaalvakuumbaadjie ontwerp – hierdie uitvinding het gevolg ná die dood van sy pasgebore seun in 1891 as gevolg van asemhalingskomplikasies. Dit het die prototipe geword van die ‘ysterlong’ van die 1950's ten tye van die polio-epidemie. In daardie jaar het Bell ook die Franse Volta-prys gekry – 'n kontantprys van $10 000 vir sy groot bydrae tot elektrisiteit. Een van Bell se grootste uitvindings (volgens hom) was die “fotofoon” – 'n toestel wat klank kon oorsein deur 'n ligstraal te gebruik. Die fotofoon het 'n seleenkristal en 'n vibrerende spieël gebruik wat op klank kon reageer, en met hierdie toestel is 'n boodskap meer as 180 m ver tussen twee geboue oorgesein. Bell het weer eens die pad vir moderne tegnologie met sy uitvinding gebaan, aangesien die teorie wat hy ontwikkel het later die grondslag vir laser- en veseloptiese kommunikasiestelsels sou vorm. Ander terreine waarop Bell 'n bydrae gemaak het, was ontsouting en waterdistillering, viervlakkige strukture en hul eienskappe, skaapteelt, skeertuie en vliegtuie. Bell was nogal opgenome met die gedagte van vlieg, en het in 1907 die Aerial Experiment Association saam met vier jong ingenieurs gestig. Op 23 Februarie 1909, ses jaar ná die Wright-broers se geskiedkundige vlug in 1903 by Kitty Hawk, het Bell en sy kollegas hul kragaangedrewe vliegtuig – die Silver Dart – met welslae in Kanada geloods. (by Wikipedia) (Picture:www.solarnavigator.net.jpg)